CQ Hou Koers

Wat is CQ Hou Koers?

Description: Description: Description: Description: 80jaarf.jpg

CQ Hou Koers is ‘n jaarlikse geleentheid waar Voortrekkers die geleentheid kry om per amateurradio met ander Vories van regoor die land te gesels. Dit is terselfdertyd ‘n kans om vaardighede te oefen / op te skerp wat vereis word vir kentekens soos Radiospraak en Radio-amateur. Dit gee kinders blootstelling aan ‘n baie interessante tegniese en wetenskaplike stokperdjie wat stimulerend kan wees ten opsigte van loopbaankeuses.

Die vraag word dikwels gevra: Is radio nie oorbodig met nuwe tegnologie soos selfone en die Internet nie? Behalwe dat radio steeds ‘n baie nuttige (en vergeleke met selfoonoproepe – goedkoop!) hulpmiddel vir kampe en ander groot Voortrekkergeleenthede is, leen dit hom ook uitstekend tot noodkommunikasie. Tydens rampe word telefoon- en selfooninfrastruktuur dikwels vernietig en elektriese toevoer onderbreek. Met amateurradio kan daar binne minute ‘n radiostasie op die been gebring word deur gebruik te maak van draagbare antennes en batterykrag.

CQ Hou Koers val saam met die Scouts se soortgelyke radiokommunikasienaweek JOTA (“Jamboree On The Air”) – dit skep die geleentheid vir interessante interaksie tussen Scouts en Voortrekkers.

Laai gerus die volgende dokumente af:

Orion Voortrekkers gaan onder andere die roepsein ZS80VT gebruik ter viering van Die Voortrekkers se 80ste bestaansjaar.

 

Tuisblad | Wie is ons? | Jongste nuus | Spanne | CQ Hou Koers | Vriende van Orion